School sportSport
Brons vir Jansies in rugby-skolereeks
Op 6 Mei het Hoërskool Dr EG Jansen se rugbyspanne deelgeneem aan die finaal van die Tuks Skolereeks.

Die uitslae is as volg:
* O-14A: EG Jansen 5 Transvalia 28 (eindig sesde)
* O-15A: EG Jansen 50 Eldoraigne 17 (eindig derde)
* O-16A: EG Jansen 15 Garsfontein 22 (eindig sesde)
* Eerstespan: EG Jansen 23 Monnas 50 (eindig tweede)
Die skool het algeheel derde geeïndig en ’n bronsmedalje verwerf.



