NewsSchools

Ballonne vir Hemelvaartdag

Meer as 60 blou en wit ballonne het die hemele ingevaar by Angel Wings Kleuterskool, Witfield, ter viering van Hemelvaart op 25 Mei.

Binne in elke ballon was ’n boodskap vir ’n geliefde in die hemel of net ’n boodskap om te sê waarvoor die kleuter dankbaar is.

Die kleuters was ook geklee in skakerings van blou en wit en het Christelike liedjies gesing.

Hulle het hierdie geleentheid baie geniet en entoesiasties na die ballonne gewaai soos die in die lug opgegaan het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button