School sportSport
Onderwyser van Oosterlig skitter in aksienetbalspan
Maritza van Niekerk, 'n studentejuffrou van Hoërskool Oosterlig, het die Gauteng o-23 aksienetbalspan in Montague, vanaf 20 tot 25 Maart, verteenwoordig.

Die span verower ’n goue medalje in die ses-aan-’n-kant en silwer in die sewe-aan-’n-kant.
Maritza is ook verkies as kaptein vir die Gauteng o-21-aksienetbalspan.
Die interprovinsiale toernooi vind in Meyersdal plaas, vanaf 1 tot 6 Mei.



