School sportSport

Jansen eindig 13de by Top 10 Prestige Atletiekbyeenkoms

Die kompeterende Top 10 Prestige Atletiekbyeenkoms was vanjaar op 15 Februarie by Pilditch Stadion gehou.

Daar was in totaal 68 skole wat deelgeneem het en die atlete het hul allerbeste gegee.

EG Jansen het dertiende geeïndig.

Simone van der Nest (o-19 meisies) het die 100m rekord gebreek met ’n skitterende tyd van 11.7 sekondes. Haar 200m tyd vir die aand was ’n uitstekende 23.81 sekondes.

Verushka Woest (o-16 meisies) het die 100m rekord in haar groep met ’n tyd van 11.95 sekondes gebreek.

Verushka Woest (o-16 meisies) het nie op haar laat wag nie en sy het die 100m rekord in haar groep met ’n tyd van 11.95 sekondes gebreek.

Haar 200m tyd was 24.71 sekondes.

Atlete wat elk meer as 950 punte aangeteken het, is:

• Veruscha Woest (o-16 meisies) – 1 045 punte (100m) en 1 005 punte (200m).

• Simone van der Nest (o-19 meisies) – 993 punte (100m) en 1 006 punte (200m).

• Juan Oelofse (o-16 seuns) – 956 punte.

• Anton Potgieter (o-16 seuns) – 950 punte.

• Ruan Bronkhorst (o-14 seuns) – 959 punte.

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button