
Volgens Christo Lodder, die skoolhoof, het Meiring as jong, afgestudeerde student haar eerste onderwyspos by die skool aanvaar en is later bevorder tot senior departementshoof.
“Hierdie pos het sy met onderskeiding beklee. Haar professionele leiding het die akademiese standaard van die leerlinge en haar kollegas verryk en bevoordeel,” meen Lodder.
“Onder haar bekwame leiding het die senior-afdeling van krag-tot-krag gegroei en ontwikkel. Sy sal altyd onthou word vir haar hardwerkendheid, deeglikheid en mede-menslikheid.
“Sy het haar passie ook op kultuurgebied uitgeleef. Om kinders te ontwikkel en aan te spoor tot kultuurdeelname was vir haar van groot belang.
“Ons wens haar die mooiste toe op haar verdere onderwysloopbaan.”



