NewsSchools

Concordia netbalspanne is ‘doel’-gerig op sukses

Laerskool Concordia se netbalseisoen het op 13 Maart afgeskop met ’n vriendskaplike wedstryd teen Laerskool Rijnfield.

Die liga wedstryde het ná die vakansie, op 11 April, begin.

Netbal wedstryde vind plaas gedurende die tweede kwartaal van die skooljaar en Laerskool Concordia sal hulle laaste wedstryd voor 16 Junie speel.

Concordia se netbal is deel van die Gauteng Super 12 liga wat bestaan uit Laerskool Randhart, Laerskool Edleen, Laerskool Kruinsig, Laerskool Orion, Laerskool Impala, Laerskool President Steyn en Laerskool van Riebeeckpark.

Laerskool Concordia se netbal het op 11 Mei teen Laerskool Orion, op Orion se bane, gespeel.

Orion se o-13 netbal oopspan het Concordia met een punt, 24-23, geklop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button