School sportSport

EG Jansen se rugbyspan verower nog ‘n trofee

Dr EG Jansen se eerste rugbyspan het Saterdag, 10 Mei, hul tweede Tuks Skole-reeks trofeë ingepalm.

Jansies het die titel verower deur HTS Middelburg oortuigend met 37-22 te klop.

Dit is die tweede keer vanjaar dat EG Jansen die Rooi Bulle van Middelburg getroef het.

Vanaf die afskop het EG Jansen sy stempel in die wedstryd afgeforseer en vroeg-vroeg twee drieë gedruk.

HTS Middelburg het met ‘n skepskop geantwoord. EG Jansen het nog twee drieë in die eerste helfde gedruk, terwyl HTS Middelburg net voor halftyd oor is vir hul eerste drieë.

EG was vir lank 37-15 voor, maar HTS het sy derde en laaste drie na die sirene wat die einde van die wedstryd aandui het.

EG Jansen se rugby het algeheel derde geeindig met die o-14A, o-15A en o-16A-spanne wat almal vyfde algeheel in die strawwe reeks geeïndig het.

egj_vs_pietersburg-07 (Medium)

Saam met die rugby het die Netbal ook uitsonderlik presteer met ‘n algehele vyfde plek.

Die o-15A-span het met die goue medalje weggestap, terwyl die o-14A span as naaswenners aangewys is.

Beide spanne het gewys dat Jansie-netbal se toekoms rooskleurig is en dat daar nog baie van hierdie twee spanne gehoor gaan word.

Die meisies-hokkiespan het ook baie goed presteer deur algeheel agste te eindig in die reeks met die o-16A-span wat die bronsmedalje verower het.

egj_vs_pietersburg-03 (Medium)

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button