Bekendes vermaak by familie fees
NG Kerk Boksburg Wes het die naweek van Maart 7 en 8, te Laerskool Concordia, hul eerste familie fees op ’n hoë noot afgeskop.
Volgens Teresa van der Colf was die opkoms van die fees oorweldigend.
Die program vir hierdie twee dae was propvol met verskeie vermaak.
Die talentkompetisie, aangebied deur sanger en TV persoonlikheid Pieter Koen, was veral ’n reuse sukses.
Die duet sanggroep, Die Campbells, was die hoogtepunt van die fees, met hul optrede Saterdagaand.
Van der Colf sê dat hierdie fees van nou af ’n jaarlikse instelling sal wees en dat die beplanning vir die 2015 fees reeds aan die gang is.
“Ons is baie opgewonde, want elke jaar gaan groter as die vorige een wees.”

Alle fondse dra by om die kerk se gemeenskapsprojekte van stapel te stuur, aangesien hulle daagliks gekonfronteer word deur families wat niks het nie.
Die gemeente is ook tans besig met die reëlings van hul winterfunksie.
Van der Colf bedank alle borge en gemeentelede wat ’n bydra gelewer het tot die sukses van die fees.
Sy nooi ook die publiek om enige tyd by hul gemeente aan te sluit en deel te wees van hul projekte.



