MunicipalNews

Finale kennisgewings veroorsaak bekommernis

’n Ongelukkige, afgetrede Boksburg paartjie het by die Advertiser se kantore opgedaag en hul gevoelens uitgespreek oor die onverwagte finale kennisgewing nota wat hulle van die Ekurhuleni metro ontvang het.

Die nota,wat op Januarie 28 uitgereik en Januarie 31 ontvang is, gee kennis van hul agterstallige rekening, en indien die paartjie versuim om dit binne sewe dae van die uitreikingsdatum te betaal, sal hul water en ligte ontkoppel word.

Boonop het hulle op Januarie 30, ’n SMS van die munisipaliteit ontvang wat sê dat hul Februarie rekening oor ’n R10 000 is.

Die paartjie het egter, soos oudergewoonte, hul volle rekening reeds op die 25ste van die maand by die betaalpunte van die munisipaliteit gaan betaal.

“Vir die afgelope 34 jaar is ons stiptelik met ons munisipale rekening betalings,” sê die inwoner.

Die dag wat hulle die finale kennisgewing ontvang het, is hulle dadelik munisipaliteit toe om die fout uit te klaar.

Volgens die munisipaliteit se stelsel is die rekening eers op die 29ste van die maand betaal, daarom het hulle ’n finale kennisgewing ontvang.

“Dit is wat my kwaad maak. Hulle interne sisteem is nie na wense nie, maar hulle is vinnig om ’n finale kennisgewing te stuur.”

Die inwoner voeg by dat die munisipaliteit eers moet seker maak van hulle feite voordat hulle sulke notas uitstuur.

Die paartjie gaan in Februarie op vakansie, en nou het hulle nog die bekommernis dat hul krag ontkoppel gaan word.

Die metro woordvoerder, Themba Gadebe, sê die betaling ter sprake is na bewering deur die kliënt op die sperdatum, Saterdag, Januarie 25, gemaak.

“Die normale proses vir betalings wat oor naweke gemaak word, is dat die instruksie op die eerste werksdag wat na die betaling volg, deur die metro se Finansiële Departement aan die Inligting en Kommunikasie Tegnologie (IKT) Departement deurgegee word.

“In hierdie geval het die Finansiële Departement die IKT Departement op Maandag, Januarie 27, opdrag gegee om die betalings wat op Januarie 25, 26 en 27 gemaak is, op te dateer.”

“Weens ’n tegniese fout, was hierdie betalings ongelukkig eers op Woensdag, Januarie 29, op die metro se finansiële sisteem opgedateer.

“Gedurende die normale kredietkontrole proses, was finale kennisgewings ook uitgereik en gelewer op Dinsdag, Januarie 28.

“Met betrekking tot al die geaffekteerde rekeninge, is finale kennisgewing fooie op Donderdag, Januarie 30, gekrediteer.”

Gadebe vra namens die metro onverskoning vir enige ongerief wat veroorsaak is as ’n gevolg van hierdie saak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

One Comment

  1. Ek persoonlik dink hulle moet die “pay by date” later maak want die meeste mense kry eers na die 25ste geld. Dit lyk of jou rekening agterstallig is as jy na die 24ste betaal. Ekurhuleni is vinnig om sulke goedjies uit te wys maar as dit kom by diens lewering is hulle ook “agterstallig”.

Back to top button