NewsSchools

Leerders vaar goed in Alpha-wiskunde

Tydens die afgelope Novembereksamen het twee leerders van die Hoërskool Oosterlig onderskeidelik die derde en sesde plek met Alpha-wiskunde in Suid-Afrika behaal.

Marike Kanfer het 98 persent en Landré Herman het 97 persent behaal.

Ses Boksburg-leerders het uitslae bo 80 persent behaal.

Alpha-wiskunde (voorheen Addisionele Wiskunde genoem) is ‘n buite-kurrikulêre vak wat aan leerders met ‘n besondere belangstelling in wiskunde aangebied word.

Leerders wat beoog om in studierigtings soos ingenieurswese, toegepaste wiskunde, rekenaarwetenskap en aktuariële en handelsrigtings te studeer, word deeglik voorberei vir verdere studie.

Die ander presteerders tydens die afgelope eksamen is:

* Pieter Grobbelaar (88 persent – Hoërskool Dr EG Jansen).

* Charmaine Buys (86 persent – Hoërskool Oosterlig).

* Michael Belling (85 persent – Hoërskool Dr EG Jansen).

* Ciska van den Dool (80 persent – Hoërskool Dr EG Jansen).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button