EntertainmentLifestyle
Splinternuwe Liewe Heksie voorskoue by die Springs Stadsteater
Lefra Produksies voer ‘n splinternuwe Liewe Heksie-verhoogproduksie op wat by vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees gaan premiere.
Oos-Randers het egter die geleentheid om ‘n voorskou van hierdie nuwe Liewe Heksie-produksie by te woon op Vrydagaand, 20 September om 7nm by die Springs Stadsteater.
Omdat dit ‘n voorskou is, word kaartjies verkoop teen halfprys.
Liewe Heksie toer tans die land vol. Om die produksie vir jou stad, dorp, skool of organisasie te bespreek, skakel gerus vir Monica by 011 815 3000 of epos aan info@lefra.com. Meer inligting by www.lieweheksie.com.



