Local newsNews

Jong verkenners van kommando maak ’n verskil

Verkenners pak jaarliks ’n gemeenskapsprojek aan.

Mens is nooit te jonk om ’n verskil te maak nie. Dit is bewys deur Donovan Marais (14), die verkenner van die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando in Boksburg.

Hy het onlangs meer as R1 000 ingesamel ten bate van renosterkalfie Arthur.

Die Voortrekkers het Arthur tydens hulle Renoster Red is Vet Pret-fondsinsameling aangeneem.

Elke kind het ’n houer ontvang met sy of haar naam op in ’n spesifieke spankleur. Die kinders en hul ouers gooi dan kleingeld in die houer.

Sodra dit vol is bring die kinders dit na die Voortrekkers toe waar hulle dan die kleingeld in hulle spesifieke spankleur se renosterspaarbussie gooi.

Gelde word dan oorbetaal aan die Nasionale Voortrekker Renoster Projek.

Gerhard Marais, kommandoleier, vertel dat die verkenners jaarliks ’n gemeenskapsprojek moet aanpak.

“Dié kommando is ’n dinamiese jeugbeweging wat die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uitleef. Ons gee geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en lekker pret,” verduidelik Gerhard.

“Ons kom elke Maandagmiddag te NG Kerk in Lowtherstraat bymekaar. Alle kinders en jong volwassenes word uitgenooi om dit by te woon. Ons bied ook uitstekende geleenthede vir werkende volwassenes en ouers om in die gemeenskap betrokke te raak.”

Vir meer inligting kontak Gerhard op sbvoortrekkers@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button