Heerlike eerste vergadering vir Sarie Klub
By die volgende vergadering sal Daniel de Kok die gasspreker wees.
Sarie Klublede en gaste het 2019 met ’n ontbytsamekoms by die Lakeview Hotel op 26 Januarie verwelkom.
Dit was die Sarie Klub se algemene jaarvergadering en sanger James du Toit het die gaste vermaak.
Die gaste het ’n heerlike ontbyt geniet.
Die gaste is herinner om die nuwe jaar met ’n nuwe blaadjie van hoop en liefde in te gaan en om die nuwe seisoen met passie en geesdrif aan te pak.
Daar is na die suksesse van 2018 teruggekyk en planne en idees vir opwindende vooruitsigte vir 2019 is gedeel.
Die lede wat in Januarie verjaar is ook gelukgewens. Hulle is Hettie Fourie, Corrie van Rensburg en Lydia Laurens.
Die Sarie Klub hou een keer ’n maand ’n spoggeleendheid wat met heerlike kos, goeie geselskap en onvergeetlike vermaak gevul is.
Die Saries nooi alle dames, oud of jonk, om deel van die klub te word. Vir meer inligting kontak Susan Noppe by 083 268 7245.
LEES OOK:
Follow us:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.







