ATKV gesinstak in Boksburg hou hul jaarvergadering
Die ATKV bied ook huweliksverrykngskursusse, trein en bustoere en talle kompetisies soos toneelkompetisies, koorkompetisies en redenaarskompetisies aan.

Die ATKV Gesinstak Boksburg hou op 6 Februarie om 7nm hul algemene jaarvergadering in die NG Kerk Boksburg-Wes se saal in Rietfonteinweg.
Die ingang tot veilige parkering in die kerkgronde is in Bass straat.
Alle belangstellende ATKV-lede en voornemende lede word genooi om die belangrike vergadering by te woon.
Tydens hierdie vergadering word verslag gedoen omtrent die tak se werksaamhede oor die afgelope jaar, afgevaardigdes verkies om die tak by die bree ATKV Jaarvergadering by te woon en besprekingspunte word geformuleer om by die Hartenbosvergadeing te bespreek.
Die ATKV is die kultuurvereniging wat hom beywer vir die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.
Dit beskik ook oor sewe vakansieoorde waar lede aangename gesinsvakansies teen aflsagtariewe kan geniet.
ATKV-lede ontvang kwartaalliks die vereniging se glanstydskrif, die Taalgenoot, gratis sowel as een gratis boek van hul keuse per jaar van Lapa Uitgewers, die ATKV se boekhandelaars in Pretoria.
Vir verdere navrae kontak vir Davie van der Merwe op 011 826 2716.
Follow us:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.



