Local newsNews

Solidariteit Boksburg hou eerste opedag

Solidariteit Boksburg het vir die eerste keer in sy geskiedenis, op 30 September ’n opedag by sy kantoor, in Libradene, gehou.

In die afgelope vyf maande het Solidariteit sy dryfkragprojek van stapel gestuur, waartydens die organisasie skerp gefokus het op die groei en uitbou van Solidariteit en sy instellings.

Met ’n nasionale oogmerk om 10 000 nuwe lede by te kry, het die projek op 30 September gesluit.

Solidariteit se Boksburg-distrikskantoor het, in lyn met dié veldtog, besluit om ’n kompetisie van stapel te stuur met ’n Solidariteit-bundel propvol handelsware op die spel vir die wenner.

Herbert Roos en Jody Harrington was die gelukkige wenners van die twee trekkings.

Herbert Roos (regs) het ook ’n geskenkpak van Solidariteit Boksburg gewen. Saam met hom is Natasha van Heerden, van die Boksburg-tak.
Herbert Roos (regs) het ook ’n geskenkpak van Solidariteit Boksburg gewen. Saam met hom is Natasha van Heerden, van die Boksburg-tak.

Die Boksburg-tak dien tans 24 000 lede en volgens sy vakbondamptenaar, Derek Mans, was daar ’n behoefte aan ’n opedag.

Ongeveer 99 000 e-posse is uitgestuur om dié dag te bemark.

“Die doel van die opedag was om bewusmaking onder die publiek te kweek en om die gemeenskap te dien; ons is hier om jou by te staan” het Mans gesê.

“Die meesste mense wat vandag hier was om meer oor Solidariteit uit te vind, is nie-lede wat deur middel van indirekte bemarking van die opedag te hore gekom het.

“Mense weet dat Solidariteit ‘n vakbond is, maar weet nie van al die voordele en instansies wat saam met die beweging gaan nie – die opedag het bietjie meer inligting gegee.”

Dié tak het op 3 September ook ’n baie suksesvolle werwingsveldtog by die Bokkie Park gehou.

Een van die wenners van die trekkings, Jody Harrington (links), saam met Marlindie Booyens, van Solidariteit Boksburg.
Een van die wenners van die trekkings, Jody Harrington (links), saam met Marlindie Booyens, van Solidariteit Boksburg.

Dit was die eerste keer dat hulle bewusmaking in die gemeenskap gedoen het.

“Dit is belangrik om in die gemeenskap betrokke te wees. Persoonlike interaksie met die publiek is baie van belang,” het Mans verduidelik.

“By die Bokkie Park het ons met die voorsitter van die Boksburg Besigheidskamer gesels en ons beplan om projekte saam te doen.”

Die Boksburg-tak beoog om weer in die toekoms ’n bewusmakingsprojek by die Bokkie Park te loods.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button