School sportSport
Leerder blink uit by wêreldkampioenskappe
’n Graad 10 leerder van Hoërskool Oosterlig, Mariaan van Staden, het Suid-Afrika verteenwoordig in karate by die sewende wêreldkampioenskappe in Terni (Rome) vanaf 9 tot 21 Mei.
Mariaan het die volgende karate prestasies op SA-vlak behaal en medaljes verwerf:
* Goud: Juyu Ippon Kumite.
* Goud: Team Kata (meisies) o/15 tot o/17 (swart belt).
* Brons: Juyu Kumite (Team Free Fighting – gemengde span). – @IschkeBoksburg



