Die doel van hierdie praatjie was om die meisies op ’n vroeë ouderdom reeds bekend te stel aan die aard en gevolge van kankers wat vroue raak.
Grobler en Andrew Bergh van Toga Laboratoriums was bygestaan deur Dr Heila Redpath wat die meisies toegespreek het.
Interessante, sensitiewe en waardevolle brokkies inligting is deurgegee aan die dogters.
Kanker is ’n werklikheid en moet sodanig hanteer word.
Voorsorg, ten opsigte hiervan, kan lewens red.
Danksy goeie aanbieders, was hierdie bewusmakingspoging van kanker by Dr EG Jansen ’n groot sukses.
Die skool wil graag die borg, TW-Profile Services, ten opsigte van hierdie aangeleentheid bedank, veral vir die pienk “hoodies” wat aan die damespersoneel geskenk is.



