EG op koers, klop Kempton
Dr EG Jansen se eerste rugbyspan het die eerste tree gegee om die Valke en Beeldtrofeë suksesvol te verdedig deur op wegveld Hoërskool Kempton Park op Saterdag, 17 Mei te klop.

Jansen het halftyd teen ‘n sterk wind met 19-12 voorgeloop. Met die telling wat die heeltyd wiplank gery het, was dit moeilik om ’ wenner te voorspel.
Kempies se heelagter Marnus Gruber het drie minute voor die einde oorgeduik vir die moontlike wendrie.
EG Jansen se geduld was weereens in ’n druk situasie getoets. Jansies se kalmte en veggees in die laaste minute van die wedstryd het egter veroorsaak dat die wen-drie gedruk is nadat die amptelike tyd verstreke is.
Met die eindtelling 33-27 in Jansies se guns, het EG Jansen Kempies vir die tweede keer vanjaar op sy tuisveld geklop.
In die vorige ontmoeting het Jansen die Kempies met 39-0 gewen.
Puntemakers: EG Jansen – Delano Kotze (twee drieë en vier vervyfskoppe); Xander Crause (een drie); Edwin Jansen (een drie) en Juan Botha (een drie).
Kempton Park – Juanrè van der Walt (een drie); Christopher Schimper (twee drieë) en Marnus Gruber (een drie; een strafskop en twee doelskoppe).





