Plaaslike atlete blink uit by SA’s
Atlete van EG Jansen Hoërskool het onlangs baie goed tydens die SA Skole asook die ASA Jeug- en Junior kampioenskappe gevaar.
Uitslae was soos volg:
Simoney Weitz (0-/15):
SA’s: Eerste in die 3000m, derde in die 1500m. ASA: Eerste in die 3000m en 1500m.

Bianca Botes (o-17):
SA’s: Eerste spiesgooi, vierde hammergooi. ASA: Vierde spiesgooi en hammergooi.

Tiaan Steenkamp (o-19):
SA’s: Tweede hoogspring. ASA: Eerste hoogspring.

Zandri Kruger (o-19):
SA’s: Sesde hoogspring.

Chinique Joubert (o-15):
ASA: Sesde hoogspring
Franklin Wagner (o-17):
SA’s: Vierde 100m.

Nog ‘n atleet van die skool, Brandon Menezes, het by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir gestremdes, gehou in Kaapstad, goud vir sy wensprong van 2.88m in die verspring vir seuns o-14 verower.
Hy het ook silwer in die 100m behaal. Hy het die afstand in 18.57s los gehardloop.



