’n Inwoner wat al vir drie jaar in Akker Straat woon, sê dat dit ’n verskriklike area is.
Die oorgroeide veld in hierdie straat blyk veral ’n probleem te wees.
Sedert die somer aangebreek het, is die gras blykbaar nog nie gesny nie.
Die veld is al vantevore deur kriminele as ’n skuilplek gebruik en ten spyte van die “No Dumping” teken, word dit nogsteeds as ’n stortingsterrein gebruik.
Volgens die inwoner is daar ook heelwat voertuie wat gedurende die nag by die veld intrek.
“Ons weet nie of hulle dwelms smokkel, of wat nie. Dit is donker, so ons kan nie sien wat aangaan nie.”
Verbylopers is ook geneig om skaamteloos in die veld te urineer.
Die inwoner sê ook dat daar by heelwat huise ingebreek word, en dat dit gepaardgaan met die vergiftiging van diere.
“Ons is al te bang om buite te sit. My seun was al hier beroof.”
Laastens, het die inwoner bygevoeg, is die pad ook ‘n “resiesbaan”.
“Motoriste ry verskriklik in hierdie pad en hou ’n gevaar in vir die kinders wat soms in die straat speel.”
Die Advertiser het teen druktyd nog geen kommentaar vanaf die metro rakende die oorgroeide veld en rommel storting ontvang nie.




Die probleem ontstaan meestal uit die ou mynhuise wat lang die pad gelee is en die mense wat daar bly,die tweede probleem is die huise wat gehuur of gekoop word en dan word die kamers uitverhuur aan buitelanders.Ons bly in een van die strate wat by akker aansluit en die hoeveelheid buitelanders wat in sommige van die huise bly blyk tot 25 mense te wees.Die probleem met die buitelanders het baie erger geword die laaste jaar soos meer en meer sulke huise gehuur of gekoop word(urineer in die straat,gooi vuilgoed orals neer,harde musiek ens).Kan boksburg advertiser dalk help om die probleem bekend te maak aan die munisipaliteit sodat dit gestuit kan word voor die hele vandyk park later n plakkerskamp en kriminele hawe word.