Marike Kanfer het 98 persent en Landré Herman het 97 persent behaal.
Ses Boksburg-leerders het uitslae bo 80 persent behaal.
Alpha-wiskunde (voorheen Addisionele Wiskunde genoem) is ‘n buite-kurrikulêre vak wat aan leerders met ‘n besondere belangstelling in wiskunde aangebied word.
Leerders wat beoog om in studierigtings soos ingenieurswese, toegepaste wiskunde, rekenaarwetenskap en aktuariële en handelsrigtings te studeer, word deeglik voorberei vir verdere studie.
Die ander presteerders tydens die afgelope eksamen is:
* Pieter Grobbelaar (88 persent – Hoërskool Dr EG Jansen).
* Charmaine Buys (86 persent – Hoërskool Oosterlig).
* Michael Belling (85 persent – Hoërskool Dr EG Jansen).
* Ciska van den Dool (80 persent – Hoërskool Dr EG Jansen).



