Dien klagtes met akkurate inligting in, maan raadslid
As raadslid raai hy inwoners aan om hierdie tipe klagtes direk en met akkurate inligting aan die metropolisie te rapporteer

Wykraadslid Marius de Vos wil die publiek aanspoor om klagtes met akkurate inligting in te dien.
Dit kom veral ná ’n besorgde inower in ’n Facebook-inskrywing beweer het dat “’n hawelose persoon in ’n boom naby die Boksburg Stadion bly”.
LEES OOK:
Die harde lewe van ’n hawelose vrou
De Vos, wat sedert die begin van inperking sy kommer uitspreek oor die haweloses, het daarna onmiddelik gaan ondersoek instel.
“Mense kan soms dramaties wees. Die hawelose man bly tussen die dam en die verlate konstruksie perseel op die sportgronde, maar hy bly beslis nie in ’n boom nie. By nadere ondersoek het ek gevind dat dit ’n hawelose man is wat hom daar gaan vestig het,” het Marius vertel oor wat hy uitgevind het.
As raadslid raai hy inwoners aan om hierdie tipe klagtes direk en met akkurate inligting aan die polisie of metropolisie te rapporteer.
“Dit is die wetstoepassers se plig om seker te maak dat mense by die reëls hou. Inwoners kan my ook net inlig om op te volg met die metropolisie indien daar geen optrede is in ’n redelike tyd van aanmelding van die aangeleentheid nie,” het de Vos verduidelik.
Verder wi hy ook inwoners maan om nie reg in eie hande te neem nie, sou hulle enige van hierdie gevalle opmerk in die omgewing.
ALSO READ:
Boksburg homeless people happy to be at the shelter



