Local newsNews

Nuwe lokaal vir Inspan Volkspelelaer

Inspan het vir meer as 45 jaar elke Maandagaand in Laerskool Goudrand se skoolsaal geoefen.

Inspan Volkspelelaer gaan van lokale verskuif.

Die volkspelelaer vergader nou voortaan op ’n Maandagaand om 7.30nm in die saal van Witfield Park Aftree-oord, Pitoutstraat, Ravensklip.

Marita van der Walt, sekretaresse by die volkspelelaer, het verduidelik dat die skool se beheerraad onlangs besluit het om nie meer hul fasiliteit vir buite instansies beskikbaar te stel nie.

“Ons het volle begrip daarvoor en is dankbaar teenoor die skool vir die jarelange gebruik daarvan.

“Inspan wil hulle dan ook langs hierdie weg van harte bedank dat ons die voorreg gehad het om hul fasiliteit oor soveel jare heen te kon gebruik,” het sy gesê.

Marita kan by 074 116 5497 geskakel word vir enige navrae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button