Local newsNews

Verkenner van plaaslike kommando skenk hondekos aan DBV

Dit was die tweede keer hierdie jaar wat die verkenners kos aan die Boksburg DBV skenk.

Die verkenner van die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando, Phillip Thompson, het onlangs ongeveer 100kg hondekos en blikkieskos vir die Boksburg DBV ingesamel.

Die onlangse skenking vorm deel van Phillip se DBV Hulp Projek, die gemeenskapsprojek wat hy hierdie jaar gedoen het.

Volgens Gerhard Marais, kommandoleier, moet verkenners jaarliks ’n gemeenskapsprojek aanpak.

“Dié kommando is ’n dinamiese jeugbeweging wat die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uitleef. Ons gee geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en lekker pret,” verduidelik Gerhard.

“Ons kom elke Maandagmiddag te NG Kerk in Lowtherstraat bymekaar. Alle kinders en jong volwassenes word uitgenooi om dit by te woon. Ons bied ook uitstekende geleenthede vir werkende volwassenes en ouers om in die gemeenskap betrokke te raak.”

Vir meer inligting, kontak Gerhard op gerhard.marais@ekurhuleni.gov.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button