NewsSchools

Wessies bring beker huis toe na lang droogte

Vyftien leerders van die skool het ook aan die D6-Kampioenskappe deelgeneem.

Laerskool Westwood kan nie anders as om te spog met hulle jong atlete nie nadat hulle na ’n lang gewag van meer as 30 jaar weer die wenners van die gesogde interlaerbeker is.

Die byeenkoms word jaarliks en gewoonlik by die Boksburg stadion uitgespook.

Die deelnemende skole en punte was as volg:

Laerskool Westwood (432 punte), tweede was Laerskool Witfield (380), Wit Deep Primary School (371), Woodlands International College (183 punte) en Goudrand (143).

Jaden du Preez en Natasha Milligan is twee van Laerskool Westwood se top atlete. Foto is verskaf.

Danksy twee atletiekkursusse wat vir beide atlete en afrigters aangebied is by Westwood, het die skool die vrugte gepluk en hulle staal gewys by die interlaer.

Dit is volgens Anelle Myburgh, hoof van bemarking van die skool.

“Ons leer hulle om Wessie ‘guts’ te hê. Oefen hard en maak dit jou passie, maar meeste van alles, geniet wat jy doen. Na die byeenkoms is die atlete bederf met ’n ete. Motivering is ook van kardinale belang.”

Natasha Milligan, Kaitlyn Scheepers, Elizka le Grange en Rochelle Jordaan dring deur na die Gauteng Atletiekbyeenkoms.

FOLLOW US:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button