NewsSchools

Jansenatletiek skitter by interhoër

Die Jansies het tot op die einde bankvas bly sit om hulle skool te ondersteun.

Hoërskool Dr EG Jansen se atlete kon by die interhoër wat by Herman Immelman Stadion gehou is, ten spyte van die gure weersomstandighede, daarin slaag om ’n tweede plek by dié jaarlikse skouspel in te palm.

Saam met die soet het die Jansies ook harte oopgemaak vir hul mededingers, leerlinge van Hoërskool Driehoek na die brug-tragedie wat hulle getref het.

Die emosies het hoog geloop toe Roydon Olckers (17), een van die slagoffers, se ma die aflos-wedloop namens hom voltooi het.

Soos talle ander skole het Jansen die inisiatief geneem om hulle medelye te betoon deur geel en pers strikke te dra.

  • D6-kampioenskappe

EG Jansen is ook trots op hulle atlete wat deelgeneem het aan die D6-kampioenskappe wat op 26 Februarie by die Herman Immelman Stadion aangebied was.

Volgens die skool is die seisoen nog nie verby vir ’n hele paar atlete nie aangesien hulle deel is van die D6-span wat aan die Gautengkampioenskappe op 8 en 9 Maart by Pilditch gaan deelneem.

Hulle is (dogters) Michelle Lubbe, Sanitha Mkhwanazi, Clarinda Stols, Corlize Stoltz, Dominique Wiggill, Tenike Bunden, Ciara Blunden, Alyssa Botha, Liame de Lange, Wilna Malan, Kaylin Smith, Alison Steyn, Charne van Vuuren en Bernice Swartz; (seuns) Juan Jerling, Jeandré Kitching, Haygan Oliphant, Jaco Steenkamp, Kayden van der Merwe, Keanu van Loggerenberg, Ruan Bronkhorst, Antonio Brown, Dihan Roos, Zhander Briedenhann, Mauritz Lottering en Juan Oelofse.

LEES OOK:

Kyk video: Nuwe kuikens reg vir die skooljaar by EG Jansen

FOLLOW US:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button