Editor's choiceLocal newsNews

Dinge kook by die Sarie Klub

Die volgende byenkoms sal op 26 Mei plaasvind.

 

Die lede van die Sarie Klub het onlangs die winter op ’n warm noot afgeskop met ’n insiggewende kookklas en ’n heerlike maaltyd.

Soos gewoonlik was die byeenkoms een vir die boeke. Die gaste het geleer en gesellig verkeer om die kospotte.

Lorinda Pretorius van It’s a Matter of Taste Cooking School het die gaste gewys hoe om smaaklike wintersgeregte voor te berei in haar pragtige huis in Sunnysideweg, in Benoni.

Lorinda het ook die resepte gegee sodat die Sarie Klublede dit by die huis ook kan gaan probeer.

Saam met ’n demonstrasie van hoe om die disse voor te berei, het die gaste ook die geleentheid gekry om aan verskillende bestandele, kruie, olies en speserye te ruik en proe.

Lorinda het wenke gegee oor kombuis toerusting en waar hulle die varsste bestandele kan bekom, sy het ook voorbeelde van verskillende variasies van die disse gegeee wat hulle ook kan vries.

Die resepte was eenvoudig om te volg maar so geurig dat die gaste rasend honger was na die kookles.

Gelukkig is ’n spoggerige tafel gedek, waar die gaste kon aansit vir die smullekker ete wat Lorinda gedemonstreer en voorberei het.

Die spyskaart het bestaan uit: sampioensop met pesto broodjies (voorgereg); chicken a la king, the spicy way met rys, ratatouille, en lemoen, beet en bokmelkkaas slaai (hoofgereg); en ’n ryk tiramisu (nagereg).

Lorinda Pretorius het die gaste van die Sarie Klub nie net geleer en gevoer nie, maar hulle ook herhinner dat kos mense bymekaar bring en dat hulle nie bang moet wees om nuwe dinge in die kombuis te probeer nie.

Die dames van die Sarie Klub kom eenkeer ’n maand bymekaar en goeie geselskap, hope pret en heerlike kos is altyd teenwoordig.

Om deel te word van die klub kontak Susan Noppe 083 268 7245.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button