School sportSport

Cayden Webb van EG Jansen is nou ‘n bokskampioen

Cayden Webb, ’n Graad Nege leerder by Hoërskool Dr EG Jansen, is vanjaar as die Gauteng kampioen van sy gewigskategorie in boks aangewys.

Hy is ook vir die SA-kampioenskappe, wat vanaf 3 tot 7 Oktober plaasgevind het in Glencoe, KwaZulu-Natal, gekies.

Tydens die tweede dag van die ‘Junior and Youth South African Boxing Championships’ het Cayden direk na die semi-finaal deurgedring.

Hy het sy opponent in die derde ronde met ’n pragtige tegniese uitklophou (TKO) getroef.

Hy wen ook die finale kompetisie en word met die titel van ‘Gold Boxer’ gegradeer.

Hy is tans in sy opmars na roem onoorwonne.

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button