Local newsNews

Mode reëls mag maar gebreek word

Entrepreneur, besigheidsvrou, ontwerper en eienaar van Mamilla Fashions Elzaan van der Merwe maak al vir nege jaar, in menigde vrou se lewe, met haar unieke en uiters suksesvolle ontwerpe 'n verskil.

Sy het haar storie en ’n paar stylwenke met die Sarie Klub op 19 September te Summer Place kom deel.

Elzaan het in haar twintigs skielik gewig opgetel en het van 53kg tot 188kg geweeg.

“Die Vader het my gekies om ’n ‘journey’ te stap om elke vrou se lyf te verstaan, maak nie saak hoe groot, klein of lank jy is nie” vertel sy.

Daaruit het Mamilla klerereeks ontstaan. Elzaan volg niemand se modetendense na nie.

“Wat saak maak is dat jy hou van wat jy sien wanneer jy in die spieël kyk,” sê Elzaan.

“Elkeen mag dra net wat hy wil maar dit is my werk om jou te laat goed voel en goed lyk.”

Sarie Klub dames in hul pragtige Mamilla Fashions uitrustings. Hier te sien is (van links): Mariana Grigorakis, Benieta Cloete, Elzaan van der Merwe (Mamilla Fashions), Cicilia Consalves, Sylvia Steenkamp, Carene Stiglingh en Veronica Bezuidenhout.

Van kroon tot toon moet jou oog drie keer stop wanneer jy ’n uitrusting aanhet – skoene tel nie, maar bykomstighede doen.

Elzaan noem dit die drie-punt stop.

“Jy moet altyd drie items aanhê wat iets beklemtoon; hetsy dit ’n hoed, kopband of belt is. Kopbande is baie in die mode,” sê sy.

“Moenie laat aantrek vir jou ’n nagmerrie raak nie. Elke mens weet wat is sy ‘ding’ en wat jy dra en hoe jy dit dra is ‘n baie persoonlike keuse.

“Vind vrede in jouself – kyk verby ’n winkelpop en die voorbladnooi.”

Francie Beukes (links), Freda van der Merwe, Wilna Oosthuizen, Dalene van Wyk en Lydia Laurens.

Elzaan se modewenke:

  • Blinkers het al in 2014 teruggekeer en in 2017 word hierdie tendens net nog meer beklemtoon. As jy dit veilig wil speel, wissel die blinkers met ’n klassieke een-kleur item af. Blink is in deur die dag en in die aand.
  • Navy en swart gaan saam, net soos bruin en swart en denim op denim is ook nou in die mode.
  •  Groot hare is in en asymmetrie is in met haarstyle en in klere.
  • Asymmetriese lyne kan “baie verbloem”.
  • Breë hakke is in die mode – hoewel gemak die eerste prioriteit is wanneer dit by skoene kom.
  • ’n Klassieke balletskoen in ’n neutrale kleur of swart sal jou nooit in die steek laat nie.
  • Roosgoud is in die mode maar baie min mense kan dit dra. Roosgoud kan baie vining ’n perske-ondertoon vir iemand gee wat geel veroorsaak en wat olyfkringe onder die oë gee.
  • Baie meer mense kan witgoud en silwer dra. Persone met ’n witgoud ondertoon is persone met silwer koppe, ligte koppe, blas velle, groen oë en donker oë.
  • Baie min mense kan werklik goud dra, veral teen die vel omdat goud daai weerspieëling onder jou oë kan gee, die kol op die voorkop en hang wange.
  • Pastel kleure – pers- en pienkskakerings is in.
  • Rooi, blou (nie kobalt) en geel is ook in die mode.
  • Geel gaan tot en met 2019 die hoofkleur van die seisoen wees.
  • Koraal en pienk werk mooi saam en dis baie komplimenterend.
  • Swart, grys en spierwit is uit. Maar jy mag dit dra – reëls is daar om gebreek te word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button