School sportSport
Concordia hokkiespan eindig agtste in Oos-Gauteng spele
Laerskool Concordia se eerste hokkiespan het vanjaar baie goed presteer.

Die span het die Junie-skoolvakansie ’n toer na ‘Camp Discovery’ onderneem waar hulle baie waardevolle vaardighede geleer het.
Hulle het in die hokkieliga teen verskeie skole, onder andere Nageng Primary, Laerskool Dalview, Parkrand Primary, Laerskool Witfield, Laerskool Baanbreker, Laerskool Van Dyk Park, Laerskool Elspark en Laerskool Goudrand deelgeneem. Die eerste hokkiespan het die Boksburg Liga gewen.
Hulle het ook op 9 September aan die Oos-Gauteng spele deelgeneem en ‘n algehele agtste plek uit 45 skole behaal.



