Local newsNews

Sharoney ondeursteun fondsinsameling om kankerlyer te help

Afrikaanse kunstenaar, Sharoney, hou op 16 September ’n kankerfondsinsameling vir Ruan Kruger (22) wat gediagnoseer is met gemengde limfatiese kanker.

Gemengde limfatiese kanker dui daarop dat hy drie verskillende soorte kanker het.

Ruan moet agt reekse chemoterapie ondergaan om dié siekte te beveg en is tans besig met sy tweede reeks.

Hy het nie ’n mediese fonds nie en omdat hy gemengde limfatiese kanker het, kwalifiseer hy nie vir staatsbehandeling nie.

Ruan Kruger (22) is gediagnoseer met gemengde limfatiese kanker en moet agt reekse chemoterapie ondergaan.
Ruan Kruger (22) is gediagnoseer met gemengde limfatiese kanker en moet agt reekse chemoterapie ondergaan.

Die koste van agt reekse se chemoterapie beloop ongeveer R270 000.

Louw Breytenbach, eienaar van die Live Arts Little Theatre, het die teater en bykomstighede om ’n aansit vingerete te kan voorsit, beskikbaar gestel vir die aangeleentheid.

Kaartjies beloop R130 per persoon en sluit ’n ligte ete in.

Die vertoning vind plaas om 7nm by die teater.

Vir kaartjie besprekings kontak Corrie by 084 875 9739.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button