NewsSchool sportSchoolsSport

Jansen eerste rugbyspan klop Menlopark

Die Hoërskool Dr EG Jansen se eerste rugbyspan het op Saterdag, 13 Augustus, Hoërskool Menlopark met 71-28 in die Beeldtrofee-kwarfinaal geklop.

Die kragmeting het op Menlopark se gronde plaasgevind.

Die volgende Jansen-spelers het daarin geslaag om ’n totaal van 11 drieë teen die opponent te druk: Rehann Baumann, Ruben Beytel, Quinton Beaton, Dwayne Fourie, Werner Fourie, Henry Pike en Lee-Irwin Andries.

Ginter Smuts het sy skopskoene aangehad en agt doelskoppe aangeteken.

Die ander Dr EG Jansen rugbyspanne het soos volg presteer:

* O-16 A-span verloor 20 – 24

* O-15 A-span wen 22 – 13

* O-14 A-span wen 64 – 0

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button