EntertainmentLifestyleNewsSchools

Opwindende revuekompetisie vir skole

Lefra Produksies het sy opwindende nasionale revuekompetisie, Revue SA 2016, bekendgestel.

Hierdie lekker revuekompetisie vir laer- en hoërskole sal vanaf 5 tot 21 September by Carnival City se Big Top Arena uitgespook word.

Frans Swart, hoof uitvoerende beampte van Lefra Produksies, waar die idee van ’n nasionale revuekompetisie ontstaan het, sê dat hy baie opgewonde is oor die projek.

“Laerskole en hoërskole spandeer soveel tyd, geld en energie aan hulle jaarlikse revue,” het Swart gesê.

“Ek het al baie van hierdie revues gesien, wat baie na aan professionele produksies se standaard is.

“Dit was dan altyd vir my hartseer dat daar nie ’n verdere lewe vir hierdie wonderlike revues is nie.

Revue2_18321

“Juis daarom het ons by Lefra besluit dit sal uitstekend wees om hierdie revues nog ’n slag te kan opvoer.”

Hy glo ook dat Revue SA 2016 ’n wonderlike forum sal skep vir skole om na mekaar se eie werk en produksies te kyk en te geniet.

“Dit gaan ook vir skole die geleentheid bied om te sien waar hulle eie standaard lê, deur dit met ander produksies te vergelyk,” het hy vertel.

Slegs 26 laerskole en 26 hoërskole sal aanvanklik gekeur word om deel te neem aan Revue SA 2016.

Om vir keuring aansoek te doen, moet die volledige inskrywingsvorm voltooi word en skole moet dan ’n 10-minute video saam met die inskrywingsvorm aanstuur.

Revue5_52535

Swart sê dat dit glad nie nodig is om professionele videos vir keuring aan te stuur nie.

“Ons wil juis nie hê dat skole ekstra geld op videoproduksies moet spandeer nie,” het hy verduidelik.

“’n Video met ’n goeie videokamera of selfs met ’n selfoonkamera is heel voldoende.”

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 12 Augustus.

Volgens Swart sal die kompetisie op ’n uitklopbasis aangebied word.

“Ons wil ook graag ’n realiteitshoek aan die hele kompetisie gee,” het hy gesê.

“Die belangrikste, egter, is dat elke aand ’n wonderlike vertoning van dans, sang, beweging en kleur moet wees.

“Ons besef maar te goed dat Revue SA 2016 ’n kompetisie is, maar ons glo ook dat skole, onderwysers, afrigters en leerders die geleentheid sal gebruik om nuwe vriende te maak en ook om van mekaar te leer.”

Groot pryse is op die spel en elke deelnemer sal ook ’n sertifikaat van deelname ontvang.

Revue SA 2016 word ook volledig verfilm, met moontlike latere uitsending op kykNET NOU!

Kaartjiebesprekings vir REVUE SA 2016 kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000.

Vir enige navrae oor die revuekompetisie, of om in te skryf, kan Lefra Produksies geskakel word by 011 815 3000, of stuur ’n epos aan navrae@revues.co.za.

Volledige inligting verskyn ook by www.revues.co.za.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button