NewsSchools

Concordia o-8’s is doelgerig

Die Laerskool Concordia se o-8 netbaldogters het op Saterdag, 21 Mei, aan ’n mini netbaldag deelgeneem, wat die Laerskool Elspark aangebied het.

Die doel van die reeks was om netbal van ’n baie jong ouderdom af te ontwikkel, aangesien dit ’n baie goeie balvaardigheidsport vir kinders se ontwikkeling is.

Die reeks geld vir al die netbalmeisies van o-7 tot o-9, wat nog nie aan die skole se netbal-ligas, wat gedurende die tweede skoolkwartaal plaasvind, kan deelneem nie.

Die Laerskool Concordia neem aan die Ekhuruleni Suid-streek, wat al die D6-skole insluit, deel.

Die skole wat aan die netbaldag deelgeneem het is Laerskool Concordia, Laerskool Baanbreker, Laerskool Generaal Alberts, Freeway Park Primary, Laeskool Witfield, Parkrand Primary, Laerskool Elsburg, Laerskool Elpark, Northmead Primary, Parkdene Primary en Delville Primary.

Dit het alles op ’n vriendskaplike basis plaasgevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button