Die skool het verlede jaar die kankerprojek Pienk lap vir Pauline begin ondersteun.
Hulle het eers kilometers lap by die Kankervereniging, ten bate van die organisasie se fondsinsameling, aangekoop.
Die ouers en personeellede van die Laerskool Concordia het toe die mooiste duvets van die pienk lap gemaak.
Skoolhoof Christo Lodder en Dr Laurentia Trutor, van die Kankervereniging, het die pienk duvets op 25 Februarie aan Epworth Village, ’n tehuis vir minderbevoorregte kinders, in Germiston, oorhandig.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!





