NewsSchools

Jansies skop Tuks Skole-reeks af met goeie oorwinnings in rugby

Die Tuks Skole-reeks het die naweek afgeskop met Hoërskool Dr EG Jansen wat hul eerste wedstryde teen Hoërskool Marais Viljoen, op 5 Maart, gespeel het.

In die rugby het Jansen skoonskip gemaak, terwyl die hokkie en netbal gemengde welslae behaal het.

Die eerste rugbyspan het reeds vroeg in die seisoen gewys dat Jansen nie vanjaar onderskat moet word nie.

Die eerstespan het met 66-17 gewen teen Marais Viljoen.

Alhoewel dit moeilik is om uitblinkers uit te sonder moet die name van die skrumskakel Ginter Smuts en losskakel Ruben Beytell genoem word.

Drieë is gedruk deur Franklin Wagner, Ruben Beytell (3), Ruben Roodt, Ginter Smuts (2), Andrè van der Merwe, Carson Koekemoer en Werner Fourie.

Ginter Smuts het met agt uit 10 doelskoppe geslaag.

Die volledige uitslae is as volg (EG Jansen resultate eerste, gevolg deur Marais Viljoen):

Rugby:

O-16A 8-3, o-15A 36-8, o-14A 38-8, tweedespan 43-10, o-16B 26-19, o-15B 19-17, o-14B 60-0, derdespan 41-0, vierdespan 26-19 en o-14C 95-5.

Netbal:

Eerstespan 17-28, o-17A 7-36, o-16A 13-32, o-15A 10-24, o-14A 15-20, tweedespan 20-12, o-17B 3-33, o-16B 5-33, o-15B 9-18 en o-14B 10-17.

Meisieshokkie:

Eerstespan 1-0, o-16A 2-4, o-15A 3-1, o-14A 0-1, tweedespan 1-0, o-16B speel gelykop 0-0, o-15B 1-0 en o-14B 2-0.

Seunshokkie:

Eerstespan 0-4, o-16A speel gelykop 1-1 en o-14A 1-3.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button