NewsSchools

Laerskool Concordia woeker met pienk duvets vir liefdadigheid

Pienk duvets, gemaak deur ouers en personeellede van die Laerskool Concordia, is onlangs aan Epworth Village geskenk.

Die skool het verlede jaar die kankerprojek Pienk lap vir Pauline begin ondersteun.

Hulle het eers kilometers lap by die Kankervereniging, ten bate van die organisasie se fondsinsameling, aangekoop.

Die ouers en personeellede van die Laerskool Concordia het toe die mooiste duvets van die pienk lap gemaak.

Skoolhoof Christo Lodder en Dr Laurentia Trutor, van die Kankervereniging, het die pienk duvets op 25 Februarie aan Epworth Village, ’n tehuis vir minderbevoorregte kinders, in Germiston, oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button