Romantiese avontuurfilm binnekort op die groot skerm
As vervaardigers, skrywers en akteurs van die suksesvolle film, Pad na jou Hart, het Ivan Botha en Donnalee Roberts weer kragte saamgespan en is hul nuwe Afrikaanse romantiese avontuurfilm, Vir Altyd, binnekort op die silwerdoek te sien.
Vir Altyd is nie ’n opvolg van Pad na jou Hart nie, maar ’n vingerafdruk van die kwaliteit waarmee die rolprent se voorloper aangepak is, en dit is duidelik te sien in die nuwe film.
Danie Bester (medevervaardiger), Jaco Smit (regisseur) en Jacques Koudstaal (kinematograaf) is ook weer deel van die span.
Die rolprent begin in een van Suid-Afrika se mees geliefde en mooiste dorpe, die Paarl.
Die film neem die kykers op ’n verdere avontuur, na ’n vliegtuig van Air Mauritius op die eiland van liefde land.
Die filmspan het Mauritius vir drie weke verken, gedurende die verfilming van Vir Altyd.
Kykers sal bestemmings soos The 23-Coloured Earth, Ile aux Aigrettes, die Belle Mare-ruïnes, die mark in Flacq en ander pragtige plekke op die eiland ontdek.
Die film speel grootliks af by World Leisure Holidays en Sun Resorts se luukse vyfster Long Beach Golf and Spa Resort, op Mauritius.
Vir Altyd bestaan uit temas van sterk verhoudings en weerspieël – deur middel van die verskillende paartjies – al die seisoene van die liefde. Dit sal dus tot elke mens spreek – manlik en vroulik; oud en jonk.
Vir Altyd is gedurende Mei en Junie vanjaar in die Paarl in die Wes-Kaap en op Mauritius verfilm.
Die rolprent word op 12 Februarie 2016 landswyd deur Ster-Kinekor, Nu Metro en onafhanklike teaters uitgereik.
Lokprent:
www.youtube.com/watch?v=BwcQbwm-dQo
Vir eksklusiewe agter-die-skerm foto’s en die jongste nuus, volg die film hier:
Facebook: https://www.facebook.com/viraltydfilm
Twitter: @VirAltyd





