
Dr EG Jansen het Heidelberg Volkskool in die kwartfinaal met ses paaltjies geklop.
Volkskool het eerste gekolf en 100 lopies almal uit aangeteken met Jacques Nel (6/22) wat uitstekend geboul het.
EG Jansen het terug geantwoord deur 104/4 uit te knikker met Kyle Scheepers wat 50 lopies gemoker het.
In die kwartfinaal het Dr EG Jansen se o/15A-span Transvalia met 206 lopies geklop.
EG Jansen kolf eerste en teken 302/6 aan met WP Myburgh (90), Devan Aucamp (69) en Maxwell Meyer (56) wat uitstekend gekolf het.
Transvalia kon slegs 96/9 aanteken met EG Jansen boulers Henk Bornman (3/3) en Arni Enslin (3/21) wat uitgeblink het met die bal in hand.
In die halffinaal speel die eerste span weg teen Hoërskool Garsfontein, terwyl die o/15A-span tuis teen Hoërskool Waterkloof speel.



