Local newsNews

’n Liefde vir Jesus en ’n passie vir motors

As jy van motorsport hou, span jou motor in en maak harte bly!

Blessed Wheels het hul eerste uitreiking op Sondag, 13 Julie, gehad waar klublede nie-bederfbare produkte en kos ingesamel, en aan Salem Danville oorhandig het.

Blessed Wheels is ’n liefdadigheid-motorklub wat funksioneer vanuit die Woord en Lewe gemeente.

Die klub bestaan uit motorentoesiaste met ’n liefde vir Jesus en ’n fokus op die evangelie.

Klublede gebruik hul motors om uit te reik na siele, minder bevoorregtes of sommer net enige geleentheid waar hulle ’n verskil vir Jesus kan maak.

Diegene wat betrokke wil raak kan vir Marius Draper by 083 447 1622 kontak, of vir Samuel Kleinscheldt by 072 289 5368.

Blessed Wheels se webtuiste kan ook by www.blessedwheels.co.za besoek word (die webtuiste is huidiglik onder konstruksie). – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button