Local newsNews

Stappe om Ebola uit SA te hou uiters noodsaaklik – VF Plus

Die VF Plus verwelkom die gesprekvoering tussen Suid-Afrika se minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, en sy eweknieë van die Sadek-lande oor die ebola-krisis en oor hoe om die verspreiding daarvan te keer.

Dit volgens die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor gesondheid, adv Anton Alberts.

Alberts sê dit is verblydend om te sien dat Suid-Afrika pro-aktief optree in die verband, maar gesien in die lig van die land se poreuse grense, is daar nie ’n keuse as om die strengste maatreëls moontlik te tref om Suid-Afrika se inwoners te beveilig nie.

“Probleme in Suid-Afrika se gesondheidsdienste is goed bekend en die land het genoeg probleme rondom gesondheid soos dit tans is,” sê Alberts.

“Dit sal daarom ’n omvangryke krisis veroorsaak indien die virus tot in Suid-Afrika versprei.

“As in ag geneem word hoe vinnig en wyd dit in Wes-Afrika versprei het waar reeds meer as 900 mense dood is, sou dit onverantwoordelik wees om nie deeglik voorbereid te wees nie,” sê Alberts. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button