School sportSport

EG Jansen se sport uitslae

Die Hoërskool Dr EG Jansen het Saterdag, 21 Junie, tydens die Valke skole-rugbyliga se halfeindrondte, uitmuntend vertoon.

Nie minder as 11 van Jansen se 12 spanne het vir die finaal gekwalifiseer.

Van al die deelnemende skole in die Valke makro skole-liga is EG Jansen die skool met die meeste spanne in die finaal.

EG Jansen is ook die enigste makro skool waar al vier die Beeldtrofeë-spanne, naamlik die o-14A-, o-15A-, o-16A- en eerstespanne deurgedring het na die Valke finaal.

Die tellings is as volg:

Eerstespan: EG Jansen wen 62-0 teen Vereeniging Gimnasium.

Tweedespan: EG Jansen wen 45-0 teen Vereeniging Gimnasium.

Derdespan: EG Jansen verloor 35-7 teen Kempton Park.

Vierdespan: EG Jansen wen 43-0 teen Vereeniging Gimnasium.

O-16A: EG Jansen wen 48-7 teen Die Anker.

O-16B: EG Jansen wen 34-9 teen Kempton Park

O-15A: EG Jansen wen 31-15 teen Die Anker

O-15B: EG Jansen wen 36-3 teen Die Anker

O-15C: EG Jansen direk na finaal

O-14A: EG Jansen wen 25 -17 teen Die Anker

O-14B: EG Jansen wen 41-0 teen Die Anker

O-14C: EG Jansen direk na finaal.

Jansen se netbal- en hokkiespanne het ook goed gevaar.

Met die Gauteng kampioenskappe wat nou al ‘n jaarlikse instelling by die Jansies is, het die o-15A-, die o-17A- en eerstespanne gewys dat hul met die beste van die bestes kan meeding.

Die hoogtepunt was verseker die o-15A-span wat algeheel vierde in Gauteng geëindig het en gewys het dat hul waardige wenners van die TuksSkole-reeks is.

Met hierdie prestasie kwalifiseer hul vir die nasionale kampioenskappe wat vanaf 1 tot 3 Augustus by Dr EG Jansen aangebied word.

Jansen is ook die enigste skool op die Oosrand wat ‘n verteenwoordigende span by die gesogte toernooi sal hê.

Beide die o-14A- en eerste seunshokkiespanne is vanjaar as liga-wenners aangewys.

Die o-16B-meisies hokkiespan is as liga wenners in hul onderskeie liga’s aangewys, terwyl die o-15A-, o-6A- en eerstespanne aan die Noordvaal kampioenskappe van 7 tot 9 Augustus gaan deelneem.

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button