EG Jansen se sportuitslae – 24 Mei
Dr EG Jansen se eerste rugbyspan het Hoërskool Marais Viljoen met 96-16 op Saterdag, 24 Mei, getroef.

Marais Viljoen het Hoërskool Die Anker die vorige naweek oorwin met 29-7 op sy tuisveld.
Die Anker moes teen EG Jansen gespeel het, maar het al vier sy senior spanne onttrek vir die kragmeting.
Jansen se junior rugbyspanne het ook ’n baie goeie dag beleef met die o/16A-span wat Die Anker geklop het met 77-0 in die hoofwedstryd.
Die res van die tellings is as volg:
o/16B wen 14-0; o/15A wen 38-3; o/15B wen 56-0; o/14A verloor 7-19; o/14B wen 61-14.
Die meisie hokkiespanne het vyf van hul sewe wedstryde teen Die Anker gewen:
Die tellings is as as volg:
Eerste span wen 1-0; tweede span wen 3-2; o/16A wen 10-0; o/16B wen 3-1; o/15A wen 2-1; o/15B verloor 1-0; o/14A verloor 2-1.
Die eerste seuns hokkiespan het met Bracken High 4-0 afgereken, terwyl die o/14A-span 1-0 gewen het.
Die netbalspanne het ook hul uitstekende vertonings van die Tuks Skole-reeks voortgesit met goeie uitslae teen Hoërskool Jeugland en Hoërskool Hugenote onderskeidelik.
Die tellings teen Jeugland is as volg:
o/19A wen 39-20; o/19B wen 22-5; o/17A wen 18-9; o/17B wen 41-0; o/16A verloor 30-18; o/16B speel gelykop 15 elk; o/16C wen 23-0; o/15A wen 30-4;
o/15B wen 17-11; o/15C wen 13-9; o/14A wen 28-14; o/14B wen 14-7; o/14C wen 11-4
Die tellings teen Hugenote is as volg:
o/19A wen 29-26; o/19B wen 28-15; o/17A wen 20-15; o/17B wen 27-5; o/16A verloor 22-10; o/16B verloor 24-9; o/16C wen 8-3; o/15A wen 24-15; o/15B wen 22-15; o/15C wen 20-4; o/14A wen 27-17; o/14B wen 22-9; o/14C wen 14-13.



