MunicipalNews

Metro ‘agterstallig’ met dienslewering

Gegewe ’n onverwagte finale kennisgewing nota wat ’n afgetrede Boksburg paartjie ontvang het, het ’n inwoner van Boksburg voorgestel dat die metro die datum waarop elektrisiteitsverbruikers hul rekeninge moet betaal, moet verleng.

Dit is aangesien die meeste mense eers op die 25ste van ’n maand salarisse kry.

Die nota het kennis gegee van die paartjie se agterstallige rekening, en indien die paartjie versuim om dit binne sewe dae van die uitreikingsdatum te betaal, sou hul water en ligte ontkoppel word.

Die paartjie het egter, soos oudergewoonte, hul volle rekening reeds op die 25ste van die maand by die betaalpunte van die munisipaliteit gaan betaal.

Volgens die munisipaliteit se stelsel is die rekening eers op die 29ste van die maand betaal, daarom het hulle ’n finale kennisgewing ontvang.

“Dit lyk of jou rekening agterstallig is as jy na die 24ste betaal. Ekurhuleni is vinnig om sulke goedjies uit te wys, maar as dit kom by dienslewering is hulle ook agterstallig,” sê die inwoner.

Volgens die metro se woordvoerder, Themba Gadebe, is die Boksburg dienslewering gebied vir administratiewe en logistiese doeleindes, tans in verskillende groepe verdeel.

Elke groep het sy eie geskeduleerde datums, ten opsigte van meterlesings, betaling en sperdatums.

Sperdatums is eweredig versprei oor ’n maand.

“Dit, in effek, beteken dat elke groep dieselfde tydraamwerk het waarbinne hulle hul rekeninge vereffen,” sê Gadebe.

“Die hoofdoel van hierdie is om kleiner volumes vir administratiewe doeleindes te hê, en om betalings, sowel as betaling prosesse in ’n ordelike en sistematiese wyse te struktureer.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button