Local newsNews

VF Plus sal klag by Verbruikerskommissie indien oor E-tolrekeninge

Die VF Plus gaan ’n klag by die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) indien oor die probleme wat verbruikers en inwoners van Gauteng ervaar met E-tolrekeninge.

Volgens die VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer, Adv Anton Alberts, is hierdie klagte deel van die party se voortgesette opposisie teen tolpaaie en die hulp wat die party aan padverbruikers bied in hul stryd teen die misbruik van die stelsel deur Sanral.

Die party gaan namens verbruikers die NVK versoek om te kyk na, onder andere, die volgende probleme wat padverbruikers tot hede ervaar het:

* Aanmanings wat op ’n onregmatige wyse versend word nadat kontakbesonderhede van verbruikers vanaf onwettig-verkrygde databasisse bekom is.

* Verkeerde en onbehoorlike uiteensetting van kostes in rekeninge wat aan verbruikers gestuur word.

* Rekeninge en aanmanings wat verkeerdelik aan persone gestuur word wat nie van die tolpaaie gebruik gemaak het nie.

* Die aanbied van ’n ongevraagde produk en diens en die dwing van verbruikers om E-tolskyfies te koop weens hoër pryse vir ongeregistreerde verbruikers.

* Die verskil in tariewe wat in die Afrikaanse en Engelse weergawes van regulasies gehef word.

* Die dubbel-betaling wat vereis word van persone wat ander tuie sleep, soos woonwaens en sleepwaens.

Persone kan die party tans by help@vf.co.za kontak vir navrae met hul probleme met rekeninge.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button