
Baanbreker is een van die oudste skole in Boksburg wat dié merkwaardige mylpaal behaal het, en gaan steeds na al die jare sterk aan.
Die skool gaan fees vier vanaf 23 tot 26 Oktober op die skoolgronde.
‘n Reuse mallemeule, veskeie vertonings en musikante gaan tydens die fees die skare vermaak.
Daar gaan plek wees vir 37 stalletjies en 15 groot uitstallers.
Daar gaan ook talle kompetisies vir almal, soos ‘n potjiekos, beste-boere-braaier, talent asook koek -en kunskompetisies gedurende die vier dae plaasvind.
Die “Spar Ghoeroes” gaan hulle kennis oor wyn deel.
Op Dinsdagoggend, Oktober 22, om een minuut na middernag begin Oosrand Stereo met ‘n ononderbroke maratonuitsending vanaf die skool se perseel met die doel om 111 ure aaneen uit te saai.
Sodoende wil hulle poog om ‘n SA-rekord op te stel vir ‘n buite-uitsendig van ‘n gemeenskapsradiodiens.
Een van die hoogtepunte gaan Gerhard Steyn se optrede op Saterdagaand wees.
Die tent vir die vermaak kan sowat 3 000 mense huisves.
Vir meer inligting skakel Francina Stroebel op 011 896 5126 of per e-pos by francina@banies.co.za.



