Laerskool Concordia se hart klop warm oor die toekenning wat hulle onlangs van die Suitd-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) ontvang het vir die skool se uitstaande bydrae.
Die spogskool het verlede jaar in Oktober hulle eie Suid-Afrikaanse rekord vir die meeste eenhede bloed op een dag en op een perseel ingesamel. Hulle het die eenhede verdubbel van 258 eehede na 516 eenhede.
Hulle het dus 1 548 lewens gered met al die bloed wat die skool ingesamel het.
LEES OOK: Laerskool Concordia breek hulle eie rekord van die meeste eenhede bloed geskenk
Trude Gareekoe van die SANBD het namens die bloedbank haar dank uitgespreek teenoor die skool en die geduldige skenkers.
“Baie dankie aan elke liewe een wat bloed kom skenk het. Ons het daardie dag hard gewerk, maar ek was oorweldig om te sien hoe die skenkers instroom om die inisiatief te ondersteun,” het Trude gesê.
Sy het die publiek aangemoedig om by sulke bloed te skenk by sulke geleenthede.
“Daar is geen plaasvervanger vir bloed nie. Geen fabriek kan die kosbare bron vervaardig nie,” het sy beklemtoon.
Die skool sal later die jaar poog om weer eens hul eie SA bloedskenk rekord te breek.



