NewsSchoolsUpdate

Vyfde plek vir skaakwonder in Statebondspele

Sy harde werk en talent maak die skool trots.

Die skaakwonder van Hoërskool Dr EG Jansen, Devon Smit, het onlangs ’n vyfde plek ingepalm toe hy Suid-Afrika by die Statebondspele verteenwoordig het.

Die nederige Devon bly glo dat harde werk en oefening die enigste manier is om jouself te verbeter. Die jongeling is beslis iemand om dop te hou.

Devon het van 17 tot 22 April aan die SA Geslote Kampioenskappe teen ander skaakreuse van die land deelgeneem.

Na nege rondtes, wat oor vyf dae by die Kopanong Hotel en Conference Centre plaasgevind het, kon Devon ’n sug van verligting slaak toe hy as die o-14 kampioen gekroon is.

In totaal het 29 spelers van reg oor die land gereis met die hoop om die titel in te palm, maar Devon het die oorhand gehad toe hy as kampioen aangewys is met die sewe uit nege punte wat hy verower het.

So kwalifiseer Devon ook vir die nasionale span en staan hy nou gereed om Suid-Afrika te verteenwoordig in vier toernooie wat gedurende die komende jaar gaan plaasvind.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button