NewsSchools

Goudrand se fietsiedag help om fondse in te samel

Fietsiedag het Goudrand se kleuterskool die geleentheid gegee om fondse vir die skool in te samel.

Die Graad R en Graad RR-leerders van Laerskool Goudrand het onlangs groot pret gehad toe leerlinge met fietse en skopfietse op die netbalbaan kon ry.

Goudrand wil graag die gehalte van hul onderrig op standaard hou met hierdie fondse en beplan ook om die kleuterskool met ’n lagie verf op te kikker.

Die dag was ’n reuse sukses en gaan Goudrand help om hul doelwit te bereik.

“Ons is baie dankbaar dat hierdie dag ons in staat stel om die skool te verbeter,” sê Runette Nel, mede-organiseerder van die fietsiedag.

“Die kinders was vreeslik opgewonde oor die dag. Ek moes letterlik vir hulle die slapies aftel. Hulle het dit ook vreeslik geniet om op die netbalbane te ry, veral omdat hul nie gewoonlik op die netbalbane mag wees nie.

“Ons probeer om hulle van die ouer leerders te skei.

“Ons beplan ook om ’n groter ophef van die volgende geleentheid te maak deur Laerskool Westwood en Kideo Ark te betrek.”

FOLLOW US:

Twitter

Instagram

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button