‘n Lekker dag van vermaak vir inwoners van Huis Dien Bothma
Die inwoners se geliefdes was ook welkom om die dag saam met hulle te geniet.
Inwoners kon op 20 Maart met komplimente van Avbob en Matt Stern in die gemak van Huis Dien Bothma se sitkamer reis na gister.
Dit was vir hulle ’n groot bederf en het dit vreeslik geniet om na die nostalgiese liedjies van Elvis Presley, wat deur Matt Stern gesing is, te luister.
Die gehoor het lekker saam gesing en hande geklap.
Van die inwoners wat mylpale bereik het, soos om vir 60 jaar getroud te wees, kon ’n CD van Matt wen. Die geskenke is deur SAVF Huis Dien Bothma geborg.
“Ek het die vertonting vreeslik geniet. Gewoonlik word al die funksies oor naweke gehou wanneer ek nie hier is om dit by te woon nie.
“Ek is baie beindruk met Matt en is mal oor die musiek wat hy speel. Ek sien uit daarna om weer ’n optrede van hom te sien,” sê die inwoner en CD wenner, Okkie van Rooyen.
Matt se CD het soos soetkoek onder die inwoners verkoop. Van die inwoners het meer as een gekoop.
“Dit was lekker om hulle so meegevoer te sien. Senior burgers lê my na aan die hart. Ek is ’n ‘old soul’ en vind aanklank by hulle musiek smaak,” het Matt gesê.
Die gehoor het Matt gesmeek om nog’n liedjie te sing. Na die vertoning het die inwoners lekker aan koek en tee gesmul.
LEES OOK
Nuwe bestuur vir Huis Dien Bothma gekies
FOLLOW US:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.






